Boeke

Samboksalf en ‘n Draaktraan

“Samboksalf?”

“Ja. Dis goedkoop en jy kan dit in jou broeksak ronddra. En op ’n oop wond smeer en dan brand dit nie so erg soos jy gedink het dit gaan nie.”

Lizelle sit buite die kafee om vir die koerant te wag. En om die huis te vermy. Maar die karoodorpie is nie so rustig soos die songebakte stofpaaie voorgee nie. Nie sedert die Skemerloper daar aangekom het nie. ‘n Fantasie oor Vaaldrake en Momdrake en ‘n piepklein dorpie in die Karoo.

Samboksalf en ‘n Draaktraan word deur LAPA Uitgewers uitgegee en sal in Junie 2024 op die rakke wees.

Video’s