
Die Skrywer met die Blou Hoed
Alene Mari Holder is ‘n skrywer, musikoloog en operasanger wat graag haar liefde vir letterkunde met haar liefde vir musiek verweef. Holder is in 1997 in Bloemfontein gebore. Sy het in Barrydale en daarna in Strand grootgeword. Sy verwerf haar BMusHons-graad aan die Universiteit van Stellenbosch en haar MMus-graad aan Canterbury Christ Church Universiteit. Sy doen tans as PhD kandidaat operanavorsing vir die Noorweegse Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NTNU) in Trondheim, Noorweë.
Holder skryf fantasie. Want enige iets anders is te mak vir ’n wilde verbeelding. Sy maak vreemde spesies op en bou stede in lande wat nie bestaan nie. Sy skryf ook graag uit die perspektief van ‘n musikant. Haar passie vir musiek het al ‘n groot invloed op haar gedigte gehad, en inspireer ook haar nuutste roman, Die Muso.
Haar gedigte verskyn in die PENSEEL bundels van 2017, 2018 en 2019.
Die storie agter Samboksalf en ‘n draaktraan
Met ’n besoek aan ’n afgeleë dorpie in die Swartland het die vraag by die skrywer ontstaan of Die Burger ooit elke dag daar uitkom. Die volgende logiese vraag was natuurlik of daar Skemerlopers woon: wesens aangetrokke tot die klank van kleindorpie-kerkklokke. Sowat ’n jaar later is Samboksalf en ‘n draaktraan tydens die COVID-19 pandemie in ’n kwarantyn-koshuiskamer neergepen.
Kontakbesonderhede: amholder@amholder.com
Sien gereelde plasings op my sosiale media.